VLU vier prestasies
Lede het erkenning ontvang vir die kompetisies waarvoor hulle gedurende 2024 ingeskryf het.
Die VLU Springs-tak se maandlikse vergadering het op 12 Maart by die AGS Fonteinedal saal in Geduld plaasgevind.
Die vroue het ‘n propvol program geniet met heerlike vermaak deur Leon en Sonja Cilliers. Hulle het ook hul prysuitdeling vir 2024 gehou.
Voorsitter, Louise Fourie en visie voorsitter, Sankie Jordaan het die prysuitdeling behartig en die lede se sertifikate en trofeë aan hulle oorhandig.
Die vroue is bedank vir hul harde werk asook die verskeie kompetisie inskrywings die afgelope jaar. Louise het verder oorsig gegee oor die 2024 projekte.
Elf maandelikse vergaderings is laasjaar gehou met ses lede wat ‘n 100% bywoningsyfer behaal het.

Die uitslae van die prysuitdeling lyk soos volg:
• Trofeë:
*Gebak: Bettie Bezuidenhout
*Fotografie: Bettie Bezuidenhout
*Blomme: Wilna Evans
*Ope: Ericha Bezuidenhout
• Meeste inskrywings:
*Bettie Bezuidenhout – 19 inskrywings
*Ericha Bezuidenhout – 15 inskrywings
*Sankie Jordaan – 13 inskrywings
• 100% bywoning:
*Bettie Bezuidenhout, Marie Bouwer, Louise Fourie, Marsha Horn, Sankie Jordaan en Louise Nothnagel.
Die volgende vergadering sal op 9 April plaasvind. Vir meer inligting of om by die tak aan te sluit, kontak Louise Fourie by 083 268 8570.
LEES OOK: Lefra bied voorskou van komedie
LEES OOK: Gauteng NPO funding application process near finalisation







