Dansers vaar goed by internasionale kompetisie
Beide die talentvolle dansers het die beoordelaars beïndruk en indrukwekkende uitslae behaal.
Twee jong dansers van Dance Directions With Mariska het onlangs aan die 2025 Dance Talent & Model Association Galaxy of the Ocean internasionale kompetisie deelgeneem.
Die kompetisie het vanaf 24 tot 28 Februarie op die MSC Musica plaasgevind.
Mieke Weyers se uitslae was:
Open (eerste plek), hip-hop (eerste plek), disco (derde plek), algehele junior wenner, algehele indruk asook spesiale toekenning..
Mieke is ook gekies vir die 2026 Wêreld Danskompetisie wat in Florida by Disney World gehou word.
Esmari Conradie se uitslae was:
Contemporary (eerste plek), hip-hop (tweede plek), jazz (tweede plek) en open (tweede plek).
Esmari het ook in alle style internasionaal gekwalifiseer.



