Afrigters maak blywende indruk op klub
Albei afrigters het gehelp om Bobbies Rugbyklub weer in 2024 te heropen.
Die afrigters van ‘n span speel ‘n groter rol as net strategieë en speler vaardighede. Afrigters se leierskap moet inspireer, motiveer en spelers lei.
Twee lede van die Bobbies Rugbyklub se afrigtingspan, Clayton Fisher-Hill (40) en Shaun Laing (36) kwyt hulself goed van hul take en word as die ruggraat van dié klub beskou.
Dié twee afrigters het elk ‘n hand daarin gehad om Bobbies Rugbyklub weer op die been te bring en rig tans die o7 ‘tag’ rugby af.
Clayton is huidiglik die voorsitter van die klub. Hy was self ‘n rugbyspeler op sy dag en was vir drie jaar deel van die Goue Leeus Kampioenskappe.
LEES OOK: SASSA employees arrested for alleged R260-million fraud
Hy het al onder meer in die Craven Week, Super 16 Reeks, East Rand United en in die Coca Cola Reeks gespeel. Hoewel hy in die agtsteman trui te siene was, was hy ook gemaklik om vaskop en loskop stud te speel.
Hy het eers heelwat later in sy loopbaan met afrigting begin en het in die 2024 rugbyseisoen saam met sy medeafrigter, Shaun begin werk.
Shaun is tans die onder voorsitter van die klub en was self op skool ‘n rugbyspeler.
Hoewel hy nou eers vir ‘n jaar lank afrig, het sy natuurlike aanvoeling en passie om jong spelers te ontwikkel, vinnig die oorhand gekry.
LEES OOK: SARS applauds compliant taxpayers for their contribution to South Africa’s growth
Beide Clayton en Shaun dien as mentors by die klub. Hulle ontwikkel die spelers nie net tegnies nie, maar kweek ook ‘n ware waardering vir die sport. Volgens die span bestuurder, Isabella Greyvenstein is Clayton en Shaun die hart van die klub.
“Hulle liefde vir die spel is aansteelklik en hulle het die vermoë om jong seuns se opgewondenheid en belangstelling in rugby aan te wakker.
“Hulle bring energie en passie na die klub deur ‘n positiewe omgewing te skep waar die spelers nie net hul rugby vaardighede verbeter nie, maar ook as individue groei.”
Vir Bobbies Rugbyklub is hulle betrokkenheid ‘n kultuur van trots, respek en ‘n blywende liefde vir rugby.



