Local newsLocal sportNewsSport

Springs Rugbyklub bied aksiebelaaide rugbydag aan

Verskeie klubs het aan die jaarlikse rugbydag deelgeneem.

Springs Rugbyklub het op 29 Maart hulle jaarlikse rugbydag op Olympia Park aangebied. Talle wedstryde, met vele hoogtepunte, is gespeel.

Ongelukkig moes die wedstryde wat op die B-veld gespeel sou word gekanselleer word omdat die veld onder water was en ‘n veiligheidsrisiko vir die spelers ingehou het.

Die res van die wedstryde het egter op die A-veld voortgegaan. Springs en Benoni Northerns se o21 spanne het in die eerste wedstryd gespeel. Benoni het 24-10 gewen.

Springs het een strafdoel, een drie en een doelskop in punte omskep. Benoni het een strafdoel, vier drieë en drie doelskoppe aangeteken.


Benoni Northerns en Elsburg se eerste spanne rank hoog in die lynstaan.

In die tweede wedstryd het Benoni Northerns tweedes teen Heidelberg se eerste span gespeel. Heidelberg het die wedstryd met 29-10 hulle eie gemaak.

Heidelberg het vyf drieë gedruk, met twee geslaagde doelskoppe. Benoni het geantwoord met twee drieë. In die derde wedstryd het Springs en Elsburg se tweede spanne kragte gemeet.

Springs het met 42-7 gewen. Springs het ses drieë gedruk wat almal suksesvol vervyf was. Elsburg het een drie gedruk met ‘n geslaagde doelskop.

In die voorlaaste wedstryd het Benoni Northerns en Esburg se eerste spanne mekaar die stryd aangesê. Die wedstryd kon enige kant toe gaan maar Benoni het 29-4 geseëvier.


Benoni Northerns se o21 span op die aanval.

Benoni het vyf drieë en twee doelskoppe aangeteken. Elsburg het vier drieë en twee doelskoppe aangeteken. In die hoofwedstryd van die dag het Springs en Centurion se eerste spanne kragte gemeet.

Beide spanne het nie teleurgestel nie en die skare is getrakteer met opwindende rugby.

Met slegs vyf minute oor en met vyf punte wat die twee spanne geskei het, het Centurion het die wendrie in die laaste paar sekondes gedruk.

Die eintelling was Centurion 45 – Springs 33. Springs het vyf drieë en vier doelskoppe gehad teenoor Centurion se sewe drieë en vyf doelskoppe.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button