Local newsNews

Springs gemeenskap staan saam teen plaasaanvalle

Die Swart Maandag optog is 'n jaarlikse instelling teen plaasmoorde en -aanvalle.

Swart Maandag was op 28 Maart regoor die land gevier en die Springs gemeenskap het nie gehuiwer om deel van dié bewusmakings inisiatief te raak nie.

Swart Maandag is ‘n nasionale beweging ter ondersteuning van Suid-Afrika se boeregemeenskap. Hierdie landswye protes wat jaarliks sedert 2017 gehou word, skep hoofsaaklik bewusmaking oor plaasaanvalle en -moorde.

Vrydagoggend se reën en koue weer het nie die optog gekniehalter nie.

Springs se protes het omtreeks 10:00 in Ermeloweg afgeskop waarna die gemeenskap en lede van die Springs-Noord GPF in ‘n konvooi deur die dorp gery het.


LEES OOK: Mayor stands on his promise to restore service delivery


Optog ganers het met groot wit kruise betoog en T-hempde gedra wat dieselfde kruis en bebloede hand uitbeeld.

Die optog het later by die Springs Polisiestasie geeïndig waar daar ‘n memorandum oor onder meer plaasaanvalle en veediefstal aan die stasiebevelvoerder, Brigadier Raymond Muthelezi oorhandig is.

Nadat Muthelezi die memorandum onder oë gehad het, het hy dit geteken en erken dat hy ook bekommerd oor hierdie misdade is.

“Ons dra kennis van julle bekommernisse en wil graag help om die mense, wat agter hierdie misdade sit, vas te trek,” het hy gesê.


LEES OOK: Lighuis Juwele besoek Springs Mine and Military Museum


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button