Local newsNews
Oos-Rand hengelaars vang goed
Die Verre Oos-Rand Hengelklub se volgende kompetisie sal op 10 Mei by Draaifontien plaasvind.
Die Verre Oos-Rand Hengelklub het op 12 en 13 April by Rooiwalle, Vaaldam hul maandlikse kompetisie gehad.
Tydens die kompetisie het 16 klublede lyne nat gemaak en ‘n groot totaal van 102 visse gevang met ‘n gewig van 113.05 kg.
Volgende maand se kompetisie sal by Draaifontien op 10 Mei plaasvind.
Vir meer inligting oor opkomende hengelkompetisies of om by die klub aan te sluit, kontak Kobus van Zyl by 082 411 2669 of Pieta Bekker by 062 789 2808.
LEES OOK: Just Wheels Club invites Springsites to Jeep Day Show and Shine
LEES OOK: Crackdown leads to multiple arrests linked to house robberies and burglaries in Springs
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




