Sakevroue hou Springs se naam hoog by Woman of Stature toekennings
Drie besigheid eiernaars is vanjaar genomineer vir die bekende Suid-Afrikaanse Woman of Stature toekennings.
Plaaslike besigheid eienaars is onlangs vir die Suid-Afrikaanse Woman of Stature toekennings genomineer en het sonder twyfel die dorp se naam hoog gehou.
Die Woman of Stature toekennings vier en vereer uitsonderlike vroue wat ‘n beduidende impak in verskeie sektore maak.
Met meer as 700 nominasies is altesaam 98 finaliste oor 14 verskillende kategorieë op die kortlys geplaas. Die Woman of Stature gala aand het op 12 April by die Indaba Hotel in Sandton plaasgevind waar vroue van verskeie industrië tydens dié rooi tapyt geleentheid vereer is.
Die plaaslike vroue wat genomineer was, is Rouxnette Groenewald, Belinda van Schalkwyk en Kristel Olivier. Rouxnette wat in Edelweiss woon, is die eienaar van die handgemaakte leersak besigheid Swish & Swank en sy was genomineer as die entrepreneur van die jaar. Sy kon egter nie die toekenning geleentheid bywoon nie.
Belinda wat in Strubenvale woon, is die eienaar van die Glow Nael en Skoonheidsalon en was vir die skoonheid en mode kategorie genomineer. Belinda het in die top ses van hierdie kategorie geëindig.
Kristel wat ook in Strubenvale woon, is die eienaar van die KD4U Fitness gimnasium en was vir die sport kategorie genomineer. Kristel het in die top vier van dié kategorie geeïndig.
ALSO CHECK: Moet nie Meat World se 30ste bestaansjaar fees misloop
ALSO CHECK: Crackdown leads to multiple arrests linked to house robberies and burglaries in Springs




