Springs Rugbyklub oorrompel Meyerton
Springs se spanne het vir Meyerton en Vereeniging ore aangesit.
Springs Rugbyklub het op 12 April teen Vereeniging en Meyerton in die tweede ronde van die Valke President Liga te staan gekom.
Al drie die wedstryde is op Olimpia Park gespeel. Die o-21’s het teen Vereeniging gespeel en weggestap met ‘n wen van 21-17.
Beide die eerste en tweede spanne het teen Meyerton gespeel en goeie hardloop rugby gespeel. Die tweede span het ‘n weghol oorwinning van 80-0 aangeteken.
Die eerste span het ook teen Meyerton uitgedraf en in hulle wedstryd met 71-7 gewen.
Springs punte is aangeteken deur: Drieë: Junaide Seedat (2), Lama Hlatswayo (2), Kevin Mukandile (1), Edrich Aucamp (1), C-Jay Strauss (1), Tiaan Boshoff (1), Willie Oosthuizen (1), Mervin Gilbert (1) en Rudolph Potgieter (1). Doelskoppe: Edrich Aucamp (8). Speler van die werstryd: Willie Oosthuizen.
Die eerste span afrigter, Bruce Borman sê hy is baie tevrede met die naweek se resultate.
“Hoewel ons ‘n paar onnodige foute gemaak het is ons steeds baie opgewonde vir die pad vorentoe en sien uit na die volgende rondes wat voorlê.”
ALSO READ: Hoërskool Hugenote rugbyspeler sien uit na Frankryk toernooi
ALSO READ: Schools encouraged to enter for the Battle Boards Chess Championship



