Local newsLocal sportNews

Hoërskool Hugenote rugbyspeler sien uit na Frankryk toernooi

Die Mauritz Hansen span gaan in Desember na Frankryk toer.

‘n 17-Jarige rugbyspeler van Daggafontein se plek in die Mauritz Hansen span sorg vir groot opwinding. Arné Marais is een van min rugbyspelers wat vanjaar saam dié span na Frankryk gaan toer.

Hy is tans ‘n matriek leerder aan die Hoërskool Hugenote waar hy uit die aard van die saak vir die eerste span uitdraf.

Hy floreer daar as die flank en beskou dit ook as ‘n belangrike posisie in enige rugbyspan. “Die rol van die nommer ses is nie net fisiek uitdagend nie, maar vereis ook taktiese slimheid en die vermoë om in baie situasies ‘n verskil te maak.”

Arné se liefde vir die spel het soos enige ander al van jonk af begin. Hy het in sy bulletjie-rugbydae reeds ‘n groot passie vir die sport ontwikkel.

“Dit is beslis waar my passie vir rugby begin het en na my eerste drie kon niemand my keer nie. Die gogga het gebyt en daar was geen omdraai kans nie,” vertel hy trots.

Arné se rugby talente het regdeur sy laer- en hoërskool loopbane sy plek in die A-span verseker. In 2020 was hy nie net die hoofseun van die Laerskool Selectionpark nie, maar ook die kaptein van die eerste rugbyspan.


Arné draf graag in die nommer ses trui uit.

Hy beskou rugby as sy passie omdat dit hom nie net fisies uitdaag nie, maar emosioneel ook betrek by ‘n wedstryd.

“Hoewel rugby ‘n intense sport is wat jou liggaam tot die uiterste toets, is dit jou krag en adrenalien wat rugby so opwindend maak,” het hy gesê en voeg by dat rugby hom toelaat om ook sy fisieke grense te verken.

Volgens Arné is dit vir hom ‘n eer om vir die 019 Mauritz Hansen span gekies te word en sê dat sy harde werk en toeywing besig is om vrugte af te werp.

Dié rugbyspan gaan vanaf 5 tot 14 Desember na Frankryk toer waar hulle aan verskeie toernooie en wedstryde gaan deelneem.

“Ek dink om tydens hierdie toer internasionaal te speel is ‘n belangrike stap in my rugbyloopbaan. Die blootstelling aan verskillende spel style en afrigtingstegnieke sal van onskatbare waarde vir my wees.”

Belangstellendes wat Arné wil help om die toernooi by te woon kan sy ma, Amanda by 083 566 6327 kontak.



LEES OOK: Hoërskool Hugenote hokkiespan wen toernooi

LEES OOK: Boksers van Bert Collins Boksklub vaar goed by ontwikkeling toernooi

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button