Plaaslike dansers ryg toekennings in
Tussen die vier dansers het hulle byna 20 goue medaljes huis toe gebring.
Dansers van Dance Directions With Mariska het onlangs aan die NDSSA se Paasfees Danskompetisie deelgeneem en goed gevaar.
Die kompetisie het op 12 en 13 April by die Woodlands Internasionale Kollege in Boksburg plaasgevind. Vier plaaslike dansers het deelgeneem en goeie prestasies behaal.
Die uitslae van die kompetisie is:
Hope Bailey: hip-hop (eerste plek), contemporary (eerste plek), jazz (eerste plek), bollywood (eerste plek), cha-cha (eerste plek) en lyrical (tweede plek).
Trinity Mendoza: Bollywood (eerste plek), hip-hop (eerste plek) en contemporary (eerste plek).
Mieke Weyers: hip-hop (eerste plek), contemporary (eerste plek), bollywood (eerste plek), jazz (eerste plek), disco (eerste plek), open (eerste plek) en jive (eerste plek).
Esmari Conradie: hip-hop (eerste plek), open (eerste plek), disco (eerste plek), Bollywood (eerste plek), jazz (tweede plek), contemporary (tweede plek) en lyrical (tweede plek).
LEES OOK: Springs resident wins R1 000 voucher in word search competition
LEES OOK: State accuses defence of deliberate delays in sentencing of former apartheid-era officer



