Local newsLocal sportNews

Springs spanne gereed vir groot kragmeting by Bosman Stadion

Die kragmeting tussen die spanne van die twee buurdorpe lewer altyd aanskoulike rugby op.

Die kragmeting van alle kragmetings vind vandag (Saterdag) by die Bosman Stadion plaas wanneer Springs en Brakpan se rugby-spanne mekaar in die Valke Peregrine Liga die stryd aansê.

Benewens dié wedstryde, wat rugby van die hoogste gehalte behoort op te lewer, sal daar ook verskeie ander wedstryde tussen laer- en hoërskole plaasvind.

Asof top rugby nie genoeg is vir die spyskaart nie, word daar ook deur die loop van die dag ander vermaak en aktiwi-
teite aangebied.

“Ons nooi oud-spelers, ondersteuners en die publiek uit om ‘n genotvolle dag by die Brakpan Rugbyklub deur te bring,” het die voorsitter van die klub, Frikkie Bosman, gesê.


LEES OOK: Insimbi Legacy Projects hosts its first charity walk in Springs to raise funds for rhino conservation


Springs se eerstes, tweedes en o21s sal teen Brakpan uitdraf. Wedstryde tussen die Hoërskole Stoffberg en Die Anker beloof om skouspelagtige rugby op te lewer. Trompoppies van Dr EG Jansen en Die Anker sal tussen die wedstryde die skare vermaak.

“Ons rig ‘n spesiale uitnodiging aan al die oud-spelers van Springs om by ons aan te sluit,” het Bosman gesê.

Dié oud-spelers kan tussen 12:30 en 14:00 in die nuwe saal bo die pawiljoen bymekaarkom.

Die o21-wedstryd begin om 13:00, met die tweede span wat om 14:40 afskop en die eerstes wat om 16:00 op die veld draf.

Die toegang is R20 per persoon en R20 per voertuig. Die toegangsfooi vir skoliere wat nie in skooldrag geklee is nie, beloop R10, en toegang vir skoliere met skool-klere is gratis. Geen koelerbokse sal toegelaat word nie.



LEES OOK: ‘I never gave up’: Springs SAPS officer earns coveted Green Number at Comrades Marathon

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button