Local newsNews

Danser ryg medaljes in by Dance X-kompetisie

Die leerder van Laerskool Christiaan Beyers het agt medaljes ingepalm.

Esmari Conradie, ’n Graad Vier-leerder aan Laerskool Christiaan Beyers, het onlangs by die Dance X-kompetisie agt medaljes verower.

Hierdie prestasie het haar ’n plek besorg by die nasionale kompetisie wat in Oktober in Bloemfontein plaasvind.

Sy het goud gewen in groepdans vir cheerleading, disco, hip-hop en Bhangra. Silwer het sy verwerf in contemporary, open (Egipties) en lyrical, terwyl sy brons ontvang het vir jazz.

Esmari het ook in Mei aan die Oos-Rand Kunstefees deelgeneem, waar sy as graadwenner aangewys is vir ses danse: Hip-hop (89%); Energy (88%); Open Egipties (86%); Bhangra (86%); Jazz (85%); Lyrical (84%); Contemporary (86%).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button