Hengel-aksie by maandelikse kompetisie van die Verre Oos-Rand Hengelklub
Die top drie plekke vir die dames en mans, sowel as die top twee vir die meesters is aangekondig.
Die Verre Oos-Rand Hengelklub het op 14 Junie, by Goeie Hoop, Vaaldam hul maandelikse hengelkompetisie gehou. Daar was 13 hengelaars wat ‘n totaal van 17 vis van 33.15kg ingetrek het.
Die dames wenners was Mona Muller eerste met twee vis van 3.1kg, Susan Zowitsky tweede met een vis van 1.05kg en Karina Bekker derde met een vis van 0.45kg.
Die mans wenners was Pieter Claasen in eerste met vier vis vir 7.7kg, Gert Muller tweede met twee vis van 6.55kg en Eddie Massyn derde met twee vis vir 4.65kg.
Die meesters wenners was Gert van Niekerk in die eerste plek met twee vis van 2.9kg en Mike van Dyk tweede met twee vis vir 2.75kg.
Die volgende kompetisie is op Boschkop, 12 Julie en besoekers is welkom. Om by die klub aan te sluit kontak Kobys van Zyl op 082 411 2669 of Pieta Bekker op 062 789 2808.
LEES OOK: Vervet monkey no longer seen in Modder East
LEES OOK: SPCA urges pet owners to keep animals warm this winter




