Local newsNews
Selection Park krieketkêrels deel van Gauteng Oos aksie-krieketspan
Die twee spelers het aan die jaarlikse Interprovinsiale Aksie-kriekettoernooi deelgeneem.
Zane Bamford en Danté de Beer is onlangs gekies vir die o/11 Jaguars, die Gauteng Oos aksie-krieketspan, om deel te neem aan die jaarlikse Interprovinsiale Aksie-kriekettoernooi.
Beide leerders het tydens die toernooi toekennings ontvang.
Op die eerste en derde dag van die toernooi het Zane die Kolwer van die dag-toekenning ontvang, en op die tweede dag is hy as speler van die wedstryd (2) aangewys.
Op die tweede dag het Danté beide speler van die wedstryd (1) en die Kolwer van die dag-toekennings ontvang.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



