KYK: VLU leer om hul eie sampioene te groei
Lede van die VLU Carpe Diem-tak het nie net hul kreatiwiteit gewys nie, maar ook geleer oor die groei van tuisgemaakte sampioene tydens ’n inspirerende vergadering.
Die lede van die VLU Carpe Diem-tak het verlede Woensdag ’n propvol en interessante vergadering geniet. Lede woeker met hul items vir die kongres, wat op 27 en 28 Augustus plaasvind.
Tydens dié geleentheid gaan die sanger Ruan du Toit as gaskunstenaar optree, en daar sal ’n verkiesing wees vir ’n nuwe streekvisevoorsitter en skakelbeampte.
Na die verrigtinge tydens Woensdag se vergadering by die AGS Kerk Fonteinedal afgehandel is, het die taksekretaresse, Louise Nothnagel, ’n toespraak gelewer oor die vrou.
Sy het daarna vir Gerhard en Jolene Barnard bekendgestel, wat ’n insiggewende en leersame praatjie gelewer het oor die groei van eetbare sampioene tuis.
LEES OOK: World Photography Day spotlight: Springs’ award-winning photographer
Gerhard is ’n mikologiekenner (studie van sampioene en swamme), en in sy besigheid spits hy hom daarop toe om stelle te verkoop wat mense toelaat om hul eie sampioene te groei.
Hy bied ook kursusse aan oor die samestelling van sulke stelle, die voordele van verskillende sampioene in ’n mens se dieet, en hoe om ’n besigheid te bou deur sampioene op grootmaat te kweek.
Nadat hy sy voorlegging voltooi het, is die punte vir die maand se artikels bekendgemaak.
@springsadvertiser Springs se Carpe Diem VLU hoor oor sampioene en Susan Coetzer #Ekurhuleni
Die wenners per kategorie is:
• Sjokoladekoek – Sankie Jordaan 74%
• Marmitekoek – Marie Bouwer 84%
• Slaaisous – Sankie Jordaan 80%
• Fotografie – Aletta Ras 86%
• Blomme – Wilna Evans 87%
• Ope – Ericha Bezuidenhout 80%
• Skilder – Sankie Jordaan 84%
• Gebrei – Marie Bouwer 70%
• Breiwerk beginners – Aletta Ras 85%.




