Laerskool Selection Park boetie en sussie skitter by King and Queen of the Universe
Die twee Laerskool Selection Park leerders gaan Suid Afrika in Oktober 2026 in Turkye verteenwoordig.
‘n Broer en suster van Laerskool Selection Park, Zunike (Graad 2) en Damian Pretorius (Graad 6), het onlangs aan Pageant SA se King and Queen of the Universe kompetisie deelgeneem waar hulle elk as kategorie wenners gekroon is.
Zunike is as Petite Queen of the Universe ((ouderdomme sewe tot nege) gekroon, terwyl Damian as Junior King of the Universe (ouderdomme 10 tot 12) weggestap het.
“Hierdie merkwaardige prestasie beteken dat hulle gekies is om Suid Afrika in Oktober 2026 in Turkye te verteenwoordig,” sê die skool se woordvoerder, Lucinda Cronje.
“Baie geluk Zunike en Damian, julle is ware sterre en ons Parkies is ongelooflik trots op julle,” het sy bygevoeg.



