Local newsNews

Springs VLU Carpe Diem fokus op vroue se bagasie en geestelike groei

Die maandelikse vergadering van die VLU is verhelder deur die teenwoordigheid van gasspreker, Corne “Katrienkie” Badenhorst.

Die Springs-tak van die Vroue Landbou-unie, Carpe Diem, het verlede Woensdagmiddag bymekaargekom in die saal van die AGS Fonteinedal-kerk in Geduld.

Die gasspreker van die maand was Katrienkie, ’n motiverende spreker en maatskaplike werker wat die gehoor met insiggewende en inspirerende boodskappe bederf het.

Corne Badenhorst, die eintlike naam van Katrienkie, is as kind ‘n slagoffer van kinderhandel en seksuele mishandeling gewees, en het later ontsnap en ‘n lang pad na herstel begin.

Een ding wat haar bygebly het van daardie donker tyd was ‘n bedelaar wat die “hawe girls” geken het as Tannie Lien.

Sy het een dag to Corne baie moedeloos was vir haar gesê “Lig op jou kop, Katrienkie.”

Dit is die oorsprong van Corne se verhoognaam, as ‘n dankoffer aan Tannie Lien wat haar die krag gegee het om aan te hou leef.

Corne het die dames geinspireer met ‘n toespraak oor die bagasie wat vroue dra. Sy vertel hoe elke vrou ‘n rugsak kry aan die begin van elke dag met ‘n tekkie om op God se pad te loop, brille om te onthou om met sagte oë na hulself te kyk en ‘n kroon om te onthou dat hulle dogters van die Koning is.

Soos hulle deur die lewe gaan sit hulle nog voorwerpe in die rugsak, en aan die einde van elke dag pak hulle die voorwerpe uit en dra dit oor aan God. Wanneer vroue dit nie doen nie, het sy gesê, word die bagasie al hoe swaarder en groter met tyd.

Die VLU Carpe Diem tak vergader elke tweede Woensdag van die maand in die kerksaal, en die volgende vergadering is 12 November. Vir meer inligting, of om aan te sluit, kontak takvoorsitter Sankie Jordaan op 082 922 97122.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button