Local newsLocal sportNews

Selection Park sterkman briljant by internasionale kampioenskappe

Die sterkman van Selection Park het sy staal gewys by die wêreld kampioenskappe in Durban.

Dewald van Deventer (37), ’n inwoner van Selection Park en sterkman, het op 3 November in Durban aan die “strict arm curl” en “freestanding curl” Wêreldkampioenskappe deelgeneem.

Hy het in die 82.5 kg mansafdeling deelgeneem, waar hy derde plek in die afdeling behaal het vir die “strict curl” en tweede plek vir die “freestanding curl”.

Dewald het voorheen reeds aan sterkman-kompetisies deelgeneem, maar het vanjaar vir die eerste keer die powerlifting verhoog betree nadat hy verlede jaar stente in sy hart moes kry.

Sy familie is baie trots op sy prestasie en hy hoop om volgende jaar weer volkome aan sport deel te neem. Die kompetisie, waaraan meer as 15 ander lande deelgeneem het, was beslis ’n platform vir groei vir Dewald.




ALSO READ: Springs Rugby Club Sevens tournament unites 16 teams in thrilling showdown

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button