Wen R500 met jou Kersfoto
Die Springs Advertiser nooi lesers om hul beste Kersfeesfoto’s in te stuur vir die laaste uitgawe van die jaar. Die wenner staan ’n kans om ’n R500 koopbewys van Strubenvale Pick n Pay te wen.
Die laaste uitgawe van die Springs Advertiser verskyn op 18 Desember en jou Kersfoto kan op die voorblad verskyn.
Boonop staan jy ook ‘n kans om ‘n R500 koopbewys van Strubenvale Pick n Pay te ontvang, indien jou foto vir die voorblad gekies word.
Neem die volgende in ag voordat jy jou foto instuur:
• ‘n Foto sal slegs oorweeg word indien dit ‘n Kersfeestema het, en daar moet ten minste een persoon in die foto wees.
• Die foto moet in Jpeg formaat wees en nie digitaal gemanipuleerd wees nie.
• Foto’s moet ook ten minste 1MB groot wees.
• Foto’s mag nie ouer as ‘n maand wees nie, dus sal verlede jaar se Kersfeesfoto’s nie werk nie.
• Die kompetisie is slegs vir inwoners van Springs.
Die volgende inligting moet saam met die foto verskaf word:
• Name, vanne en ouderdomme van al die persone in die foto.
• ‘n Kort beskrywing van die foto, insluitend waar en wanneer dit geneem is.
• Naam, van en kontaknommer van die persoon wat die foto ingestuur het.
• Indien enige van hierdie inligting ontbreek sal foto nie in ag geneem word nie.
• Die prys sal toegeken word aan die persoon wat die foto ingestuur het.
Foto’s kan per e-pos gestuur word na thelma@caxton.co.za
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 10 Desember om 09:00. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.
LEES OOK: Springs gets a major boost with new lifestyle centre set to open
LEES OOK: Springs Striders fill streets with festive cheer at annual Christmas run



