Local newsNews

Kriminologie spesialis gee veiligheidspraatjie by Springs se VLU

Die vroue is deur Gerrit van Heerden vertel watter maatreëls hul veiligheid sal verbeter.

Springs se VLU-tak, die Carpe Diem-tak, het op 14 Januarie in die kerksaal van die AGS Fonteinedal in Geduld bymekaar gekom vir hul eerste vergadering van die jaar.

Die gasspreker van die dag was Gerrit van Heerden, bestuurder van Community Monitoring Services (CMS), wat die vroue oor persoonlike sekuriteit en veiligheid toegespreek het.

Hy het algemene veiligheidswenke gegee, soos dat ‘n mens na ‘n plek met kameras toe moet gaan as jy onveilig voel. As jy in ‘n insident betrokke is notuleer alles en sluit die kontakbesonderhede van ooggetuies in.

“As jy iewers gaan, maak seker jy weet hoe om by die naaste hospitaal, polisiestasie en so uit te kom,” het hy gesê.

Die Carpe Diem takvoorsitter, Sankie Jordaan, wat nou bedank het as voorsitter, het die jaarverslag aan die vroue voorgelees, en die nuwe bestuur vir 2026/27 aangekondig.

Hulle is:
• Voorsitter: Desiré van Wyk.
• Vise-voorsitter: Sankie Jordaan.
• Sekretaresse: Louise Nothnagel.
• Tesourier: Marie Bouwer.
• Skakelbeampte: Michelle Waters.
• Kompetisie koördineerder: Jeanette Probert.
• Hulp-kompetisie koördineerder: Bettie Bezuidenhout.

LEES OOK: KYK: Lede van VLU Carpe Diem leer oor selfoonfoto’s en heuningbye

Die vroue het ook voorberei vir die konferensie, wat 26 Februarie in Bapsfontein plaasvind, deur hul konferensie-artikels in te skryf vir beoordeling. Al die artikels het genoeg punte gekry om te kwalifiseer.

Bettie Bezuidenhout se ‘brownies’ het eerste plek behaal met 88%, terwyl Ericha Bezuidenhout 80% gekry het vir hare, en Marie Bouwer 81%.

Vir die mostertsous (ook bekend as soetmostert) het Sankie Jordaan gewen met 87%, terwyl Bettie 86% ontvang het. Beide Desiré van Wyk en Jeanette Probert het 80% gekry, en Ericha 78%.

Met 84% het Marie die toppunt gekry vir die kwilt-tafelloper en Hanlie Venter was kort op haar hakke met 75%.

Die Carpe Diem VLU-tak ontmoet elke tweede Woensdag van die maand by die AGS Fonteinedal vanaf 14:00. Vir meer inligting, kontak Sankie Jordaan by 082 922 9712.

LEES OOK: New beginnings as Grade Ones start school at Great Foundation Primary

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button