Local newsNews

Springs swemmers mik vir Midmar Myl en fondsinsameling vir CANSA, CHOC en Pink Drive

Die swemmers het strawwe voorbereiding aangepak vir die agt myl afdeling van die skenkingsuitdaging.

‘n Groep toegewyde swemmers het op 17 Januarie bymekaargekom vir ‘n intensiewe 100m uitdaging ter voorbereiding van die agt myl Charity Challenge.

Die uitdaging vind plaas tydens die Midmar Myl op 5 en 6 Februarie (vier myl per dag).

Die oefen sessie het bestaan uit 20 keer se 100m “sprints,” gevolg deur 25m aflos-sprints, met die doel om meer as twee myl binne twee ure te voltooi.

Hierdie uitdaging vorm deel van die span se gestrukturreerde voorbereidingsprogram, wat mik om elke swemmer toe te laat om tot 50km gedurende Januarie af te lê.

“Die publiek word aangemoedig om die poging te ondersteun deur ‘n kilometer of meer te borg, met donasies wat direk aan verskeie nie-winsgewende organisasies gemaak kan word,” het Enrico Verwey, een van die swemmers, gesê.

“Elke swemmer swem namens ‘n gekose organisasie, en alle fondse gaan direk aan die betrokke liefdadigheid. Die groep, wat ook leerders van Hoërskool Hugenote insluit, sal tydens die Midmar Myl swem om fondse in te samel vir organisasies soos CANSA, CHOC en die Pink Drive.”

ALSO READ: New sensory garden brings inclusive play space to Vita Nova in Daggafontein

“Dit is alles in ondersteuning van kankerbewustheid en hulpverlening.”

Belangstellendes wat fondse wil skenk, ‘n kilometer wil borg of die swemmers se voorbereiding wil volg kan dit doen deur die individuele fondsinsamelingskakels van die deelnemers te besoek.

Die deelnemers wat Saterdag aan die uitdaging deelgeneem het en die skakels van hul gekose liefdadighede sluit in:
• Herman Rens, Pink Drive
• Jessica Scorgie, CHOC (https://www.givengain.com/project/jessica-raising-funds-for-midmar-mile-npc-112720)
• Enrico Verwey, CANSA (https://www.givengain.com/project/enrico-raising-funds-for-midmar-mile-npo-106984)
• Jaco Botha, CANSA (https://www.givengain.com/project/jaco-raising-funds-for-midmar-mile-npc-113289)
• Jan-Willem van Vuuren, CHOC (https://www.givengain.com/project/jan-willem-raising-funds-for-choc-childhood-cancer-foundation-sa-112100)
• Francois Schenk, Pink Drive

ALSO READ: Striders’ milestone race energises the streets of Springs

Die swemmers hoop dat hul fisiese uithouvermoë nie net tydens die Midmar Myl getoets sal word nie, maar ook ‘n betekenisvolle bydrae sal lewer tot die belangrike werk van hierdie organisasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button