Local newsNews

Bekende Springs inwoner Boeta Moodie sterf ná voertuigkaping

Die bekende Springs-sakeman en ere-president van die Springs Rugbyklub, Boeta Moodie (67), is dood nadat hy tydens ’n voertuigkaping in Springs-sentraal geskiet is.

Die gemeenskap van Springs is in rou gedompel ná die skietdood van die bekende sakeman en gemeenskapsleier Boeta Moodie (67), wat Donderdagaand gesterf het nadat hy vermoedelik tydens ’n voertuigkaping geskiet is.

Moodie was ’n gerespekteerde besigheidseienaar en vir jare lank ’n steunpilaar van die Springs Rugbyklub. Sedert die tragiese nuus bekend geword het, het boodskappe van medelye en huldeblyke oral op sosiale media ingestroom.

Volgens ’n familievriend, Suné Medeon, was Moodie alleen in sy voertuig en op pad huis toe vanaf die rugbyklub toe die voorval plaasgevind het.

Die voorval het volgens haar in Springs-sentraal plaasgevind. Moodie, die eienaar van Jimmy’s Scrap Metals, het in Strubenvale gewoon. Hy laat sy vrou, twee seuns en vier kleinkinders na.

Suné het gesê dat begrafnisreëlings deurgegee sal word sodra dit gefinaliseer is. Persone wat met haar inverbind ing wil tree kan haar by 078 313 0599 kontak.


LEES OOK: Springs police arrest two for possession of an unlicensed firearm and ammunition


Daar is ook ‘n versoek gerig dat die familie se privaatheid en tyd van rou in hierdie moeilike tyd gerespekteer sal word.

Boeta was vir baie jare aktief betrokke by die Springs Rugbyklub en het ten tyde van sy afsterwe as ere-president van die klub gedien.

’n Inskrywing op die klub se Facebookblad lui:
Met ongelooflike swaar harte het Springs Rugby Klub verneem van die afsterwe van geliefde ere president, Boeta Moodie.

Boeta was sedert 1976 deel van die hartklop van ons klub, eers as speler en later as ’n toegewyde bestuurslid.

Sy lewe was een van diens, lojaliteit en onwrikbare liefde vir Springs Rugbyklub en die mense daarin. Hy het nie net ’n klub gedien nie; hy het lewens geraak, jong spelers gevorm en hoop en waardes gevestig wat verder strek as die rugbyveld.


LEES OOK: Rise in hijacking cases in Springs a growing cause for concern


Boeta se nalatenskap lê nie net in wat hy gedoen het nie, maar in wie hy was, ’n man van sterk karakter en beginsel.

Ons glo dat hy nou rus in die vrede van die Here, omring deur lig en genade, en dat sy aardse wedloop met getrouheid voltooi is. Ons innige meegevoel en gebede gaan uit na sy familie, geliefdes en rugby vriende.

Mag julle troos vind in die wete dat Boeta se lewe betekenisvol was en dat sy invloed vir altyd sal voortleef in ons klub en gemeenskap.

“Welgedaan, goeie en getroue dienskneg.”

Rus sag, Boeta Moodie. Jou gees en nalatenskap sal altyd deel wees van Springs Rugbyklub. Die Springs SAPD het die voorval by monde van die woordvoerder sersant Charity Zwane bevestig.

‘n Saak van moord en motorkaping word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button