Ouma en die ou Koeie kom kuier in Kempton
Passop Ouma mag dalk jou geheime ook verklap.
Alombekende Dowwe Dolla (Margit Meyer-Rödenbeck) se ouma betree nou die verhoog in Ouma en die ou Koeie.
Gespeel deur ons gunstelingblondine, met Coenraad Rall op die klawers, neem dié komedie-kabaret die gehoor op ’n skaterlagreis deur Ouma se flymskerp geheue, vol ou ‘koeie’ en wolhaarstories wat ge-“blow-dry” is tot ’n manjifieke “beehive” om by Ouma se rekoleksie van die storie te pas.
Daar skort niks met Ouma se geheue nie, en sy onthou nie net haar eie stories nie, maar ook dié van mense wat eerder hul eie koeie diep in die sloot wil begrawe.
Dié komiese vertoning is reeds vir Beste Komedie by KKNK 2026 genomineer vir ’n Kanna-toekenning, en nou het gehore die kans om dit self te beleef.
Kaartjies is beskikbaar by LTickets vir die vertoning by Mannah Gastehuis en Konferensiesentrum op 24 Mei om 15:00.
Gaan geniet ’n driegang-ete voor die vertoning, of bespreek sitplekke om net lekker te kom lag. Let wel: Weens kru taalgebruik is daar ’n ouderdomsbeperking van 14 jaar. Vir meer inligting, skakel 011 815-3000 of besoek Lefra Produksies.



