Local news

Tuinliefhebbers geniet kundige se wenke en humor

Tuinboudeskundige, JJ van Rensburg het sy kennis van meer as 30 jaar met Springs gedeel.

Tuinliefhebbers het Saterdagoggend ‘n interessante en insiggewende praatjie by die Springs Garden Centre te Strubenvale geniet.

Die alombekende tuinbou deskundige en radio- en televisiepersoonlikheid, JJ van Rensburg het sy ondervinding en kennis van meer 30 jaar in die tuinbouveld gedeel.

Volgens JJ, wat deesdae in Australia woon, het Suid-Afrika ‘n enorme verskeidenheid plante om mee te werk.
JJ kom as ‘n regte grapjas voor en die mense het geskaterlag vir sy sin vir humor.

“Wat tuinmaak so lekker maak is die feit dat jy in jou eie tuin kan doen net wat jy wil. Elkeen se smaak verskil en as jy wil, kan jy sommer inspirasie uit jou buurman se tuin kry,” het JJ gesê.

Hy lê ook klem daarop dat mens nie bang moet weet om in jou tuin rond te speel met kreatiwiteit en idees nie.

“Jy kan jou tuin joune maak en dit is altyd ‘n goeie idee om verskillende potte en selfs plante saam in een tuin te kombineer, die verskeidenheid gee jou tuin meer karakter.”

JJ meen ook dat goedkoop koop, duur koop is en hy moedig tuinliefhebbers aan om liewer in kwaliteit tuintoerusting te belê asook om ordentlike bemestingstowwe aan te koop.

Hy het wenke gegee waarvoor mens op etikette moet uitkyk en hoe om jou grond goed voor te berei vir die plantproses.

Na afloop van sy praatjie het hy die gehoor geleentheid gegee om vrae te vra waarop hy hulle verdere raad kon gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button