VF+ Plakkate-vandalis betrap in Springs
Inwoners in die omgewing her die EMPD ontbied toe hulle dit verdagte sien plakkate beskadig.
VF Plus veroordeel vandalisme van verkiesingsplakkate in Springs.
’n Verdagte is op 8 September op heterdaad betrap terwyl hy VF Plus-verkiesingsplakkate langs South Main Reef Road in Springs verwyder en beskadig het.
Inwoners het die voorval onmiddellik aangemeld, waarna die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) ontbied is. Die persoon is in hegtenis geneem en aangekla. ’n Strafsaak is geopen, met die eerste hofverskyning wat vir 10 September geskeduleer is.
Die VF Plus veroordeel hierdie daad van vandalisme ten sterkste.
Die opsetlike verwydering en beskadiging van politieke veldtogmateriaal is nie bloot ’n meningsverskil nie, maar ’n misdryf wat eiendom en die demokratiese proses ondermyn.
ALSO CHECK: Grandparenthood brings a new kind of love for the Irvines
Die vinnige optrede van wetstoepassers en die gemeenskapslede wat die voorval aangemeld het, word verwelkom. Hierdie betrokkenheid toon dat inwoners nie bereid is om toe te kyk terwyl misdrywe gepleeg word nie.
Elke politieke party het die reg om sy veldtog vrylik en vreedsaam te voer, terwyl inwoners die reg het om toegang tot inligting te hê sodat hulle ’n ingeligte keuse by die stembus kan maak.
Die VF Plus sal voortgaan om alle voorvalle van vandalisme en intimidasie aan te meld en, waar nodig, regstappe te volg.
Politieke verskille mag bestaan, maar intimidasie, vandalisme en ander misdadige optrede kan nie geduld word nie.
Die VF Plus bedank die inwoners van Springs wat die voorval aangemeld het. Dit is presies die soort gemeenskapsbetrokkenheid wat nodig is om wet en orde te handhaaf en te versterk.
ALSO CHECK: Geduld and Selection Park targeted as Springs hijackings increase



