Local news

VLU Carpe Diem-tak maak harte oop vir Epilepsy SA

Die fondsinsamelingfunksie, ten bate van Epilepsy SA, was 'n aangename geleentheid met 'n goeie doel.

Springs Vroue Landbou-unie se Carpe Diem-tak het op 19 September ‘n oggendtee ten bate van Epilepsy SA aangebied.

Die geleentheid het by die die NG Kerk Springs-Noord plaasgevind.

Dié vrolike oggend is gehou as ‘n fondsinsamelingfunksie, met heerlike smulhappies, vermaak en ‘n kompetisie onder die gasvroue om te sien wie die mooiste tafel kon saamstel.

Lede van die VLU streek sowel as die Overvaal provinsie was teenwoordig, en die broers Steven Stirling en Ryan Walt het vir die vermaak gesorg.


Ryan Walt en Steven Stirling het vir die vermaak gesorg. FOTO: Charma du Plessis.

Walt met sy panfluit en skerp grappies en Stirling met sy stroopsoet stem en vinnige vingers op die kitaar het die gaste meegevoer.

Die takvoorsitter, Desiré van Wyk het die bedankings gedoen waarna Barbara Nell, die Overvaal president, ‘n spreukbeurt gehad het.

“Elkeen moet nie slegs na sy eie belange omsien nie, maar ook na die van ander. Ware grootheid lê nie daarin om onsself te verhef nie, maar om ander op te bou.

“Dit is werlkik ‘n voorreg om aan ‘n organisasie soos die VLU te behoort. Die organisasie is vanjaar 101 jaar oud, en is spesiaal geskep om vroue die geleentheid te gee om vaardighede te leer,” het sy verduidelik.

“Die VLU is spesiaal. Dit gee vroue van verskillende agtergronde en belangstellings ‘n geleentheid om ‘n verskil te maak.


Lede van die VLU en gaste het 'n gesellige oggend saam geniet. FOTO: Charma du Plessis.

“Die 2026 tema is ‘Wees die Verskil’ en 2027 se tema sal wees ‘Wees Ingelig’. By die VLU kry vroue die geleentheid om daarvan te leer, en hulself te verbeter en ontwikkel.

Sy het ook genoem dat die oudste tak in Suid-Afrika die Pretoria-Noord tak is, wat volgende jaar 100 jaar vier.

Die jongste lid is 15, en die oudste 94, dus bedien die organisasie ‘n breë spektrum van vroue.

Die vroue het ook gehoor oor Epilepsy SA se nood, en dat hulle dringend matrasse en toiletware benodig.



ALSO CHECK: Petersfield Extension residents raise concerns on night noise pollution

ALSO CHECK: Drivers and vehicles stopped and discontinued through GTI operations

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button