Local news

Springs VLU lede leer die kuns van geskenkversiering

Die Springs-tak van die VLU het hul maandelikse vergadering gehad waar hulle geleer het om geskenke toe te daai en te versier.

Springs se VLU-tak, Carpe Diem, het 14 Oktober bymekaar gekom vir hul maandelikse vergadering, waar die vroue geleer het hoe om geskenke op te kikker vir Kersfees.

Die tak samel steeds toiletware in vir Epilepsy SA en is dringend op soek na enkelbedmatrasse vir die sentrum. Danksy ’n fondsinsamelingsfunksie wat op 19 September aangebied is, kon die tak ’n kontantskenking aan die sentrum oorhandig.

Ná afloop van die amptelike verrigtinge het die lede praktiese wenke ontvang oor die toedraai en versiering van geskenke. Die werkswinkel is deur Francisca de Wet aangebied, wat haar vaardighede en kreatiewe idees met die vroue gedeel het.


Sankie Jordaan ontvang haar verjaarsdaggeskenk van Marie Bouwer. FOTO: Charma du Plessis.

Louise Nothnagel het ‘n groen-en-goud tema gekies vir haar geskenkie. FOTO: Charma du Plessis.

Hailie Olivier het die middag geniet saam met die gesellige groep vroue. FOTO: Charma du Plessis.

Lede het ‘n vel oortrekpapier, linte, versierings en boksies gekry om hul vaardighede op die proef te stel. FOTO: Charma du Plessis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button