Local news
Kry voorsprong op feestyd inkopies by AGS Lewende Waters Kersmark
Die AGS Lewende Waters kerk hou binnekort 'n Kersmark, waar stalletjies nog beskikbaar is vir bespreking.
AGS Lewende Waters Kerk, geleë te Galwaystraat 22 in Casseldale, nooi almal hartlik uit na hul Kersmark op 5 Desember, vanaf 08:00 tot 14:00.
Gaan geniet die feestelike atmosfeer, snuffel tussen die verskeidenheid stalletjies en bederf jouself met heerlike vars gebak, asook ‘n koppie koffie of tee in die gesellige teetuin.
“Kom en geniet die Kersmark en ondersteun die plaaslike gemeenskap,” sê Gerda van Tonder, een van die organiseerders.
Stalletjies is steeds beskikbaar om te bespreek teen R200 per stalletjie, en belangstellendes kan 083 625 0689 of 073 269 5153 skakel om meer uit te vind.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



