‘n Vreemde verhaal
'n Goeie liefdesverhaal wat mens laat aanhou kyk om te sien wat volgende gebeur.
DVD: Die Windpomp
Oorsig deur: Izahn van Huyssteen
Oorsig moontlik gemaak deur: Times Media Home Entertainment
Die Windpomp begin met ‘n jong man (Hendri) wat by sy oupa moet bly in ‘n aftreĆ«-oord wat vaagweg bekend lyk.
Tannie Marietjie het die eensame man onder haar vlerk geneem, maar het enige verskoning uitgeding hoekom hy heeltyd by haar huis moet gaan bad.
Hendri het een aand ‘n klein groepie van die bejaardes gevolg na ‘n groot dam met ‘n eienaardige windpomp wat in die middel staan.
Daar ontmoet hy vir Margo en die twee word dadelik verlief.
Maar iets is nie pluis nie.
Dit was ‘n ongewone film wat vreemde gevolge gehad het.
Die film is definitief vir individue met ‘n smaak vir die volksvreemd en eienaardig.



