Local sportSport

Kinders hou my betrokke

Boksafrigter Jeanette Dyzel is nie net 'n gewone ma nie, maar iemand om mee rekening te hou.

Hierdie gekwalifiseerde kleuterskool onderwyseres het betrokke geraak met boks toe haar seun Harry Dicks in Graad Vyf was.

“Sy belangstelling het ons hele gesin meer gereeld na die bokskryt geneem,” sê Jeanette.

Met Louis en haar neef as afrigters het sy vining betrokke geraak deur die administrasie van die klub te behartig.

Na Louis se afsterwe het sy die klub-afrigter eksamen geslaag in 1997 en die distrik offisiële beoordeellaarseksamen in 1998.

Destyds het die Olimpiese Speleraad besluit dat ‘n elektroniese puntestelsel meer effektief is en Jeanette het ook daarby betrokke geraak.

“Ek doen soms die ‘scoring’ by groot SA Kampioenskappe en by die Marizone-4 toernooi,” sê sy.

In 1999 het Jeanette die eerste vrou geword wat haar Protea-kleure as boksafrigter ontvang het.

Sy was ook in dié jaar deel van ‘n span van 10 boksers en vyf afrigters wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig het by die Afrika-Kampioenskappe in Mauritius.

‘Die kampioenskappe het oor 10 dae gestrek en dit was ‘n besondere belewenis,” spog sy.

Hierdie Geduld inwoner het ook vir 10 jaar gedien op die uitvoerende komitee van die Suid-Afrikaanse Nasionale Boksorganisasie totdat sy in 2012 bedank het as komiteelid.

Volgens Jeanette het die Brakpan en Springs boksklubs saamgesmelt in 1998.

“Ons het besluit om ‘n ou Springs bokser te vereer en het die klub se naam verander na Bert Collins Boksklub,” sê Jeanette.

Kinders was nog altyd haar passie, en alhoewel sy baie lief is vir haar familie, het sy ‘n spesiale plekke vir ander kinders ook.

Die dissipline wat toegepas word in boks is volgens haar die ideale sport om ‘n kind op te bou met positiewe en opbouende kritiek.

Sy sê ook dat boks die kinders uit die strate hou en dat sommige van hul junior boksers sommer in die middag inklok en daar kom sit en huiswerk doen terwyl hulle wag vir hul oefentyd om aan te breek.

In haar vrye tyd pas sy haar kleinkinders op, lees sy en speel rekenaar speletjies.

Alhoewel Jeanette baie streng is, is die kinders baie lief vir haar en sy skryf dit toe aan die streng dissipline wat sy handhaaf wanneer dit by die sport kom.

Sy neem ook baie van die klublede se finansiële verantwoordelikhede op haarself omdat sy nie graag die kinders wil wegwys nie.

Aftrede is vir haar geen opsie nie omdat kinders soos Ryan Botha (6) haar inspireer.

“Hy het slegs een been en tog mis hy nie ‘n enkele oefensessie nie,” sê sy, “en sy gedetermineerdheid is ‘n motivering vir ieder en elk.”

Die volgende bokstoernooi vind plaas op 3 Mei by die klub, Javelin Road, Geduld Extension Four.

Inweegtyd is vanaf 9vm en die amptelik toernooi begin stiptelik om 1nm.

Die klub se oefentye is Maandag, Dinsdag en Donderdae vanaf 6nm tot 8nm.

Vir meer inligting, kontak Jeanette Dyzel by 073 893 2364.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button