Plaaslike boksers presteer
Hulle het aan die Transnet Rail Engineering Boks Akademie bokstoernooi deelgeneem
Boksers van die Bert Collins Boksklub het onlangs in Pretoria by die Transnet Rail Engineering Boks Akademie aan ‘n boks toernooi deelgeneem.
Marnus Lochner het naelskraap verloor met ‘n 2-1 beslissing teen sy opponent van HTS Tuine Boksklub.
Afrigter Jeanette Dyzel sê Marnus het glad nie terug gestaan vir sy opponent nie en het sy kant gebring.
Met ‘n 3-0 beslissing het Koos Nienaber sy teenstander gewen terwyl Yanicke Maseke ook met ‘n oorwinning weggestap.
Twee van die klub se afrigters Harry Dicks en Adriaan Delport, het ook onlangs hul afrigtereksamen met vliënde vaandels geslaag.
Kaylen Lochner, Minnet Dicks, Brandon Alberts, Egbert Brink, Richard Voster, Miguel Muller en Andrew Bennett het onlangs gegradeer en mag by die volgende bokstoernooi ook deur die toue klim.
“Ons kan nie wag om hierdie sewe boksers in aksie te sien,” sê Jeanette.



