Local sportSport

Ruan pronk in goud

Klein maar hy slaan beslis 'n kitshou

Ruan Hattingh (6) is dalk nog jonk, maar staan vir geen uitdaging terug.

Hy het onlangs as kampioen uitgetree by die Galaxy Skopboks Kampioenskappe deur ‘n goue medalje te wen in die vyf- tot sewe-jaar-oud semi-lig kontak kategorie.

Sedert hy vier-jaar-oud was het hy gesê hy wil karate doen.

Sy ouers Gideon en Anna Hattingh het besluit om hom by Combat Zone Kickboxing Klub in te skryf.

Dit het vir Anna gemotiveer om na 25 jaar van afwesigheid haar bruinbelt in Tenshikan in te ruil vir ‘n swart belt in skop-boks.

Ruan het ook die uitdaging aan Gideon gestel – hy klim nie op die mat indien sy pa nie ook die sport beoefen nie.

Nodeloos om te sê, die Hattingh gesin is nou ‘n gedugte span om mee rekening te hou.

Ruan het onlangs tydens die klub se gradering sy oranje belt ontvang.

“Ons is baie trots op hom, want hy hou by met die vyf-ure voorafgaande fisiese oefening wat voor die gradering plaasvind,” sê Gideon.

Tydens verlede jaar se prysuitdeling het sensei Wessel Marais en sy seun sensei Ivan Marais, vir Ruan ‘n trofee gegee as die jongste gradeerde student.

Pa Gideon het ook tydens die Galaxy kampioenskappe ‘n brons medalje ontvang en Anna ‘n silwer medalje, maar Ruan bly die kampioen van dié gesin met sy goue medalje.

Hy sê dit is lekker om teen ander kinders te veg en te wen.

“Dit laat my soos ‘n kampioen voel,” sê hy.

Inderdaad is hy die kampioen van die Hattingh gesin met ‘n oranje belt in skop-boks en met sy goue medalje as kampioen van die Galaxy skop-boks kampioenskappe in sy afdeling.

Beslis ‘n mannetjie om mee rekening te hou!

Ruan Hattingh (6) skop hier teen sy teenstander, terwyl sensei Wessel Marais toekyk.
Ruan Hattingh (6) skop hier teen sy teenstander, terwyl sensei Wessel Marais toekyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button