Rugbyklub vereer sy bestes
Die rugbyklub het ook die Valke skeidsregter trofee vir beste eerste span ontvang.
Springs Rubyklub het na ‘n suksesvolle seisoen sy spelers tydens hul onlangse jaareindfunksie vereer.
Ockert Britz is aangewys as die sportman van die jaar.
Dieter de la Port is as die speler van die jaar aangewys, asook as die speler wat die meeste drieƫ geduk het.
Ander pryse het gegaan aan Anton van Deventer en Shawn McGeer (die beste voorspelers), Darren Lindsey (beste agterspeler), Steven de Beer en Francois Roux (die opkomende spelers), Robin Howell (tweede span speler van die jaar), Francois Prinsloo en Adriaan van Vuuren (junior spelers van die jaar), Gerhard Jordaan (beste 0/21 speler van die jaar) en Johan Zondag (meeste punte in die jaar).
Die rugbyklub het ook die Valke skeidsregter trofee vir beste eerste span ontvang.
Die klub het ook Valke trofee otvang omdat die eerste span vir die eerste keer in die geskiedenis van die klub die Cell C Community Cup gehaal het.
Die eerste span sal die Valke Rugby-unie tydens die 2015 in die Community Cup verteenwoordig nadat hulle aan die einde van ‘n suksesvolle seisoen bo-aan die Valke liga geĆ«indig het.



