Local sportSport

Junior Moto Stock kampioen

Chris Wright (8) 'n Graad Drie leerling van Laerskool Selcourt is die Suid-Afrikaanse kampioen in Junior Moto Stock.

Hy is ook die naaswenner van die Junior Production Moto Stock motorfietswedren waar die junior kategorie wissel van nege tot 13 jaar oud.

Chris neem al deel in dié resies vandat hy ses jaar oud was en sy trotse oupa, Louis Murray, sê sy kleinseun het van die begin af die kampioenskappe oorheers.

“Hy is ‘n ‘natural rider’,” sê Louis.

Die Junior Moto Stock motorfietse is 3.5 perdekrag (39cc) en die Junior Moto Production motorfietse is meer as 9 perdekrag (49cc).

Chris het sy eerste motorfiets op die ouderdom van vier jaar gekry.

“Ek kan onthou dit was nog ‘n pienk een en ek wou hom rooi hê toe spuit ons hom rooi,” sê Chris.

Sy oupa het ook motorfiets gery en sy pa en ma, Chris (senior) en Amy ry self nog motorfiets resies.

Chris sê uit al die bane waar hy al gery het, was Delmas se baan die lekkerste.

Hy het ook al die Speed Demon trofee gewen, wat gegee is vir die vinnigste motorfiets ryer op kursus van die NSF 100-klas.

“Dit het lekker gevoel om die ouer seuns te wen,” sê hy.

Hy is ook n seun van vele talente, hy speel rugby, krieket, sokker en elektroniese ‘keyboard’.

Hy het ook die NSF 100 2014 Spillage trofee gewen, wat gegee is vir die beste val van die jaar.

By die RSR Regular Championship NSF 100 het hy derde plek en tweede plek behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button