Local sportSport

Springs se eerste span wen Centurian

Springs Rugby Klub rugbyspanne is gereed vir die seisoen.

Springs Rugby Klub het Saterdag sy tweede opwarmingswedstryd vir die jaar teen Centurion gehad.

Dit is die eerste keer dat daar ‘n o/20 liga in die Valke provinsie gaan deelneem.

Die uitslae is soos volg:

Die derdespan verloor en dit was ‘n naeskraap verloor wedstryd vir die o/21s.

Die o/20 span het gewen met ‘n verrassende 28-15.

Springs se tweedspan het in die begin van die wedstryd bietjie gesukkel om momentum te kry, maar het vinnig herstel en eerste punte op die bord aangeteken.

Centurion het vinnig herstel en ‘n baie mooi drie gedruk wat die telling op 7-5 in Centurion se guns geplaas het.

Na nog ‘n drie van Centurion het die telling op geskuif na 12-5 vir die einde van die eerste helfte.

Springs het tydens die tweede helfte vinnig herstel deur hul hanterings probleme uit te skakel.

Die voorspelers het weer as ‘n eenheid begin saamspeel en vinnig was die een na die ander drie gedruk.

Dit het gelei het tot die drie drieë wat die finale punte telling opgeskuif het na 20-12 in Springs se guns.

Voorsitter van die Springs Rugby Klub Rudolph Cronje sê dit was die o/20 spanse eerste wedstryd die jaar.

“Die span het hulle goed van hulle taak gekwyt deur Centurion te wen,” sê hy.

Die wen telling van 28-15 vir eerstespan was ‘n groot prestasie.

Hy sê hulle is ‘n baie jong span maar daar word al klaar hoë hoogtes vir hulle gestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button