Drie lede van die Springs Jukskeiklub het onlangs aan die nasionale B en C jukskei kampioenskappe deelgeneem.
Harriet van Loggerenberg, Steve Ras en Paul Booyse het as deel van die Oos-Gauteng span teen spelers vanoor die land in Kroonstad meegeding het.
Harriet het in beide die B en C gemende spanne deelgeneem en het die merietespan gehaal.
Steve het in die B1 span deelgeneem, wat tweede plek in die kampioenskap gehaal het.
Paul het in die B en C spanne meegeding.
Juksei is ‘n familiesport en die deelnemers sê dit voel elke jaar goed om ou vriende by die nasionale kampioenskappe weer te sien.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



