Local sportSport

Nigel wen moeilike stryd teen Springs

Nigel en Springs laat die bal die praatwerk doen.

Die Nigel Rugbyklub het Donderdagaand gasheer gespeel en Springs Rugbyklub verwelkom by die John Vorster-stadion.
Nigel se eerste span het teen Springs se tweede span gespeel en die wedstryd is deur die gasheer gewen met 13-7.
Die eerste punte wat aangeteken was, was deur middel van ‘n strafskop in die 14de minuut wat Nigel se Junaide Seedat deur die pale gejaag het.
In die 28ste minuut het Mandla Plumbstead vir Nigel agter die pale gaan kuier en Seedat het nog twee punte bygevoeg.

Also read: Clean sweep for Olympia Park rugby team

Springs hulle eerste punte in die 31ste minuut aangeteken deur ‘n drie wat Ruan Kotze gaan druk het. Steven Kok het die vervyfskop oorgeskop.
Seedat het vir Nigel verder laat voorloop met nog ‘n strafskop in die 40ste minuut.
Die halftydtelling was Nigel 13 – Springs 7.
In die tweede helfte was daar geen punte aangeteken nie, alhoewel albei spanne ‘n paar geleenthede gehad het.
Die verdediging van Nigel en Springs was goed.
Altesaam was daar 23 skrums, 20 lynstane, 29 strafskoppe en twee vryskoppe in die wedstryd gewees.
Elke span het ook ‘n geelkaart gekry, Springs in die eerste helfte en Nigel in die tweede helfte.

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button