Local newsLocal sportSport

Jong atleet draf ander weg by Spar Women’s Challenge

Die Graad Vyf leerder werk hard om die beste atleet te wees.

Melany Mans (11), ‘n Dalview inwoner en leerder aan die Laerskool Brakpan-Oos het Saterdag aan die 5km Spar Women’s Challenge in Centurion deelgeneem en uitstekend gevaar.

Die jong atleet wat gereeld aan die parkrun deelneem, het ‘n derde plek behaal en ‘n persoonlike beste tyd van 19:13 gehardloop.

Die hardloop gogga het vir Melany gebyt toe sy in Graad Vier in die 1 200m atletiek item, wat sy gewen het, deelgeneem het.

Sy het die hardlopery aansienlik geniet en selfs op haar eie by die huis geoefen. Sy het al tot op D5-vlak deelgeneem waar sy vierde plek verwerf en daarna het sy uitgeval.


LEES OOK: Dancer and partner earn national colours


Dit het wel nie Melany se moed gebreek nie, en sy is elke oggend om 04:00 op en reg om te oefen.

Sy hardloop vir haar skool en skryf ook vir enige 5km wedren in waar sy kan. Een van haar gunsteling dinge om te doen is om haar pa, Chris Mas, se trotse trane af te vee wanneer sy ‘n wedren voltooi.

Melany se skool staan bankvas agter haar en haar ma, Esmare is by elke wedloop om haar te ondersteun.

Sy wil graag eendag vir Suid-Afrika op internasionale vlak verteenwoordig met lang afstand, en werk hard aan daardie doelwit.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

 
Back to top button