EntertainmentLifestyle

Dansers blink uit

Lede van die dansskool Dance Directions het die afgelope paar weke uitgeblink tydens drie kompetisies waaraan hulle deelgeneen het.

“Ons het aan drie kompetisies deelgeneem van Solo Dance Latina deur Mark Dooley in Vanderbijlpark, Benoni Lakeside Mall en Germiston,” sê onderwyser Mariska Wolmarans.

Sy het in een van die drie kompetisies deelgeneem en ‘n brons medalje gewen vir energie in die Champ afdeling.

Jessica Faber het aan twee deelgeneem en twee silwer medaljes vir energie en een vir Latyn gewen, asook een brons vir Latin.

Linda Stapelberg het aan een van die kompetisies deelgeneem en silwer vir energie gewen.

Megan Steenkamp het ook aan een kompetisie deelgeneem en brons gewen in die energie afdeling.

Clinton Viljoen het aan twee kompetisies deelgeneem en het een brons en een goud gewen vir energie, asook een silwer en een brons vir Latin.

Mikyla Miladinovic en Michelle Fourie het in al drie kompetisies deelgeneem.

Mikyla het drie goue medaljes vir Latyn gewen en twee silwer vir energie. Michelle het een goud en een silwer vir energie gewen en een silwer vir Latin.

“Jessica, Michelle en Mikyla het ook aan die ‘Mini Teams’ deelgeneem. Dit behels dat die dansers aan Latynse , klassiek en energie moet deelneem,” verduidelik Mariska.

Dit behels dat die span in elke kategorie in formasie saam dans, voor hulle teen ander groepe in ‘n ‘battle’ deelneem.

“Ons het reeds die Latin en klassiek gedoen en is tans in die tweede posisie. Die energie formasie en ‘battle’ kompetisie vind op 14 September in Heidelberg plaas,” sê Mariska.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button