Luister na Steve en Juanita
Hierdie twee supersterre in die Afrikaanse musiekarena gaan vir die eerste en enigste keer saam optree
Juanita en Steve gaan van 30 Mei to 1 Junie by die Big Top Arena, Carnival City, optree.
Wanneer gaan Steve Hoffmeyr en Juanita du Plessis saam optree?
Die vraag wat almal vir jare gevra het is nou ‘n werklikheid.
Hierdie twee supersterre in die Afrikaanse musiekarena gaan vir die eerste en enigste keer saam optree in hierdie drie vertonings.
Hulle gaan nie net hul eie liedere sing nie, maar ook met ‘n kykie in die verlede ou gunstelinge afstof en dit saam sing. Met meer as 4.5 miljoen CDs verkoop tussen die twee, is hierdie ‘n konsert wat geskiedenis in die Afrikaanse musiekkringe gaan maak.
Kaartjies vanaf R188 is by Compticket beskikbaar.



