Kunstenaars vind vrede in Springs
Hulle werke is by 'n gallery in Negendelaan, Geduld te sien.
Twee kunstenaars van Springs weier om hul kunsstukke na ander plekke te neem. Hulle kies eerder om hul werk hier te maak en uit te stal.
Johan Grové, wie kunswerke uit hout maak, en Hercules Botha, wie skilderye in alle groottes maak, se werke word nou uitgestal in ‘n gallery in Negende Laan, Geduld.
Hierdie is ‘n interessante snuffel-, kuier- en loerhoekie vir die inwoners van Springs.
Johan vind genot daarin om kunswerke en meubels van hout te maak.
Hy gebruik oregon dennehout, dennehout en die hout tablette wat in verpakking gebruik word om kunswerke te maak wat jy nooit kon dink is moontlik nie.
Op hierdie hout gebruik hy verftegnieke wat tans in die modegiere vir meubels en dekor is.
Johan sê hy geniet dit om nuwe modegiere in dekor uit te dink en dit maak elkeen van sy dae anders.
Hercules is beskeie oor sy olie en akriel skilderye op interessante hout en ander agtergonde.
Johan sê daar gaan binnekort nog ander Springs kunstenaars se werke by die gallery te sien wees.



