Back2basics sing by Newlife in Christ Fellowship
Die Christelike sanggroep, Back2Basics, gaan optree by die Newlife in Christ Fellowship kerk in Springs op 27 Februarie.
Anita Holtzhausen, een van die drie lede in die groep, het meer uitgebrei oor die groep en hulle visie.
Hulle gaan liedjies van hulle nuwe album, Jesus Heers 5, sing en wat hom anders maak is dat al die liedjies hulle eie wysies en woorde is.
Die drie lede van die groep bestaan uit Nos Minnaar, sy vrou Sharon en sy suster, Anita.
“Die groep is al baie jare aan die gang, maar in 2004 het ons basies voluit gospel begin sing,” vertel Anita.
Anita sĂȘ die optredes is gratis, behalwe vir brandstof kostes en as dit onder ‘n sekere bedrag uitwerk dan word die vasgestelde minimum bedrag betaal.
Hulle kan gevolg word op @b2boptwit en op Facebook.
Optredes bespreek deur epos na holtzhausen.anita@gmail.com of skakel 0827421927.



