EntertainmentLifestyle

Te kies en te keur by die Afrisaam Fees

Die Afrisaam Fees het Vrydag by die Fabu-Leux Wedding and Function Venue (ou Hoër Tegniese Skool Springs) afgeskop.

Also read: Hope vermaak by Afrisaam Fees

Duisende mense was gelok na hierdie besienswaardigheid en families het die dag saam geniet.

Daar was baie verskillende stalletjies, eetgoed, speletjies en rygoed, asook al die kunstenare wat gesing het.

Raygan Harvey (3) van Springs het ’n treinrit by die Afrisaam Fees wat oor die naweek plaasgevind het, geniet.

 

Christa Engelbrecht en haar man Ewald het hulle seuns, Ewald (9) en Reghardt (4), na die Afrisaam Fees gevat om ’n lekker familiedag te hou.

 

Daniel van der Zandt, Austin Esterhuizen, Cindy Esterhuizen en Laine Buitendag het die mae met die lekker reuke van hulle gebraaide vleis laat grom.

 

Een van die grillerige sigte in die spookhuis was hierdie meneer wat mens een of twee keer hard laat sluk het.

 

Hierdie vreeslike gedoente was een van die laaste struikelblokke om deur te loop voor die lig aan die einde van die tonnel sigbaar was. Hy het inderdaad ’n paar gille veroorsaak.

 

Stefan Scannell ry saam met Leben (1) op die mallemeule by die Afrisaam Fees Saterdag.

 

Marijke Gouws het ’n spookhuis opgestel wat vele gille van onverwagte besoekers by die Afrisaam Fees Saterdag ontwaak het.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button