Oppiland Fees bring ‘n naweek se vermaak na Springs
Meer as 30 kunstenaars gaan deur die loop van die naweek optree.

Lefra Produksies en die Stable Inn Konferensiesentrum het so pas een van die grootste feeste wat nog ooit vir Gauteng beplan is, bekend gestel.
Die Oppiland Fees sal van 24 tot 26 Junie by die Stable Inn Konferensiesentrum in Springs plaasvind.
“Ons het meer as 30 top kunstenaars wat gaan optree, vlooimarkte, vermaak vir die kinders, kos en drank, ‘n wyntent, rofstoei, toneelopvoerings en selfs ‘n kunswerkswinkel,” het Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksie en feesdirekteur van die Oppiland Fees, gesê.
“Ons het al lankal besef dat Gauteng nie ‘n lekker kuierfees aanbied nie en juis daarom het ons die Oppiland Fees in die lewe geroep.
“Die konferensiesentrum is die ideale plek om so ‘n fees aan te bied, want die hele sentrum is groter as 25 hektaar. Ons gaan elke liewe gaatjie gebruik om ‘n lekker fees aan te bied.”
Also read: Musiekliefhebbers is in vir ’n fees
Die Oppiland Fees gaan oor drie dae aangebied word.
Op 24 Junie is die tema Rock, op 25 Junie is dit Afrikaans en op 26 Junie is dit Country. Kunstenaars wat gaan optree, is volg:
24 Junie: SAARKIE, Biggy, Van Pletzen, Koos Kombuis, Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock en Van Kose
25 Junie: Rohan du Toit, Steve Hofmeyr, West, Pieter Smith, Jennifer Zamudio, Mac Young, Helene Bester en Ernie Bates
26 Junie: Manie Jackson, Barbara Ray, Billy Forrest, Lee Magnum, Caroline du Preez, Nadine Burness, Heartland, Die Rodeo Girls, Esmond en JJ Stephens
Op teater-gebied word die volgende produksies aangebied:
25 Junie: Liewe Heksie in die Big Six Teater om 08:30, Groet die Grotman 2 in die Big Six Teater om 11:00. Wyn en Skilder Oppiland in die Lions Sentrum van 10:00 tot 14:00 (kunswerkswinkel)
25 Junie: Helene Bester sing Nana Mouskouri in die Big Six Teater om 11:00.
Aansoeke vir vlooimarkstalletjies het so pas geopen en vir meer inligting kan Lefra Produksies by 011 815 3000 of 083 254 7293 geskakel word of besoek www.oppiland.co.za
Follow us on our social media platforms:





