Local newsNews

Kruie as kos en kuur in fokus by VLU vergadering

Die vroue is vertel van al die benodighede om kruie te groei wat die meeste geur en medisinale waarde gee.

Die Carpe Diem-tak van die VLU het Woensdag, 15 April, hul maandelikse vergadering gehou, waartydens die gasspreker, Ruan Bosman van die Brakpan Garden and Pet Centre lede meer geleer het oor die suksesvolle kweek van kruie.

Kruie is al vir eeue bekend vir hul medisinale waarde en geure, en in die eeu van farmakologiese innovasie is daar steeds ‘n groot mark vir natuurlike middels om kwale te behandel.

Dat kruie ‘n bate is in ‘n mens se tuin is ongetwyfeld, beide vir medisinale gebruik en heerlike kos, maar hulle het groeivereistes om die beste uit hulle te kry wat mens kan.

Hiermee het Ruan die vroue goed gehelp, en het hy ‘n voorlegging gedoen oor die medisinale gebruike van verskillende huishoudelike kruie, en die vereistes in terme van lig, water, bemesting en pesbeheer.

Hy het wel genoem dat kruie nie noodwendig sal werk vir elke individu se omstandighede en mediese behoeftes nie, en dat mens deeglik navorsing moet doen oor die kliniese bewyse agter ‘n natuurlike middel voor mens net staat maak op kruie.

Sankie Jordaan oorhandig Aletta Ras se konferensie trofee van die vorige vergadering oor aan haar. FOTO: Charma du Plessis

Ten spyte van die lang lys benodighede wat kruie het om te groei is dit, volgens hom, eintlik baie maklik, maar dit kan oorweldigend wees, so hy beveel aan dat mense begin met so drie plantjies, op die meeste vyf.

“Doen eerder een ding goed as baie goed sleg,” het hy gesê.

Meeste kwekerye het beginner plantjies, maar saad is ook beskikbaar vir die wat meer uit hul geld wil kry.

Ruan sê tog dat mens net een of twee saadjies op ‘n slag moet plant as al die saadjies in die pakkie, want een mens of selfs gesin kan nooit die volle opbrengs benut nie.

Meeste saad pakkies in Suid-Afrika is herseëlbaar, en kan met ‘n strykyster weer toegesmelt word om die oorblywende saad te beskerm vir volgende jaar se saai.

Meeste kruie, sê hy, benodig die hele dag vol son, en aard nie goed as hulle net gedeeltelik of vir kort stukkies in die dag son kry nie. Dit is behalwe vir pietersielie, wat gedeeltelik skaduwee soek in die somer.


ALSO CHECK: Springs Taxi Association announces fare hikes starting May 1 amid rising fuel costs


Sonder genoeg sonlig kan meeste kruie nie die voedingswaarde waarvoor hulle gebruik word vervaardig nie. Hulle kort ook gereelde bemesting, en veral in huise of kweekhuise is hulle baie geneig tot peste.

Na die gasspreker verdaag het, het die vroue se vergadering soos gewoonweg voort gegaan, en het hulle gehoor dat hulle items moet insamel vir Vita Nova en Epilepsy SA, as deel van hul liefdadigheidsprojek.

Jeanette Probert het gepraat van die boom van die jaar, die olienhout, wat ‘n geharde, digte boom is met hout wat uitstekend is vir meubels en houtwerk.

“Dit bied ook baie goeie skuiling en skaduwee, verg min onderhoud, groei stadig maar gehard, en beskerm biodiversiteit,” sê sy.

Sy noem ook dat dit onwettig is om die boom af te kap sonder toestemming van die departement van landbou, bosbou en visserye.

Die volgende vergadering van die tak is 13 Mei, by die AGS Fonteinedal in Springs.


ALSO CHECK: Three killed after taxi overturns following suspected shooting in Eastvale

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button