Ekurhuleni Oos Ringbal vereer spelers

Die prysuitdeling het 23 Mei plaasgevind waar spelers van die distrik beloon is vir hul harde werk.

Ekurhuleni Oos Ringbal het op 23 Mei hul jaarlikse prysuitdeling gehou waar verskeie ringbalspeelers beloon is vir hul prestasies deur die jaar.

Pietman Scheepers en Vallerie van Tonder van die Springs Ringbalklub is gekies om die distrik te verteenwoordig by die 2026 Ringbal Suid-Afrika-toernooi in Julie. Hulle is aangewys as Mnr en Mej Ekurhuleni Oos Ringbal 2026.

Van Tonder het ook die trofee vir senior speelster van die jaar gedeel met Dominique Chapman van Welgedag. Albei is verlede jaar vir die Ringbal Suid-Afrika Uitnodigingspan gekies en dien as kapteins van hul klubs se Dames A-spanne.

Die toekenning vir senior speler van die jaar het gegaan aan Xander Vorster van Springs, wat die toekenning ontvang het van Sus Louw, voorsitter van Springs en verantwoordelik vir ontwikkeling van Ekurhuleni Oos Ringbal.


Pietman Scheepers en Vallerie van Tonder van Springs Ringbalklub, Mnr en Mej Ekurhuleni Oos Ringbal, verteenwoordig die distrik by SA’s. FOTO: Ansie van Tonder

Die ander toekennings is as volg:

  • Dames A-liga wenners is Springs A.
  • Dames A-liga naaswenners is Welgedag A.
  • Mans A-liga wenners is Springs A.
  • Mans A-liga naaswenners is Brakpan A.
  • Dames B-liga wenners is Brakpan B.
  • Dames B-liga naaswenners is Springs B.
  • Mees gevorderde skeidsregter is Seun Posthumus van Springs.
  • Skeidsregter van die jaar is Sus Louw van Springs.
  • Opkomende spanbestuurder is Tricia Taljaard van Welgedag.
  • Spanbestuurder van die jaar is Dominique Chapman van Welgedag.
  • o11–o13 subspeler van die jaar is Adriaan Botha van Springs.
  • o11–o13 subspeelster van die jaar is Ziva Esterhuizen van Brakpan.
  • o15–o18 speelster van die jaar is Jolene Taljaard van Welgedag.
  • Opkomende speler in die o20–o23-afdeling is Xavier Erasmus van Springs.
  • Veteraan- of meesterspeler is Wouter Boyens van Brakpan.
  • Veteraan- of meesterspeelster is Isobel Prinsloo van Brakpan.
  • Sportpersoonlikheid van die jaar is Ashley Posthumus van Springs.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button