Sukses vir Skydivers
Dit is die eerste keer in Mpumalanga geskiedenis dat ’n klub beide trofees in een seisoen verower
Die Skydivers Posduifklub het die afgelope jaar ’n baie goeie seisoen beleef.
Die klub het die Jenny Adams en Bassil Read trofee in die Middeveld Posduif Unie verower.
Die lede het ook deur die seisoen die meeste Unie plekke per lid in wedvlugte verower en het as die sterkste wedvlugklub uitgetree.
Dit is die eerste keer in Mpumalanga geskiedenis dat ’n klub beide trofees in een seisoen verower.
Skydivers Posduifklub spog ook met Steve Mattheys en Johann Serfontein snr. wat hul Springbokklere behaal het.
Die klub puntewenner was Herman Coetzee met J&M hokke as die Pro10 puntewenner. Retha Pretorius was die klub en Mpumalanga B25 puntewenner.
Die lede het die volgende punte behaal: Herman Coetzee (1 222), Mattheys Lofts (995), Johann en Tersia Serfontein (874), J&M Hokke (862), Retha Pretorius (770), Marcelle Mattheys (624), Christo Boshoff (565) en Smallies Smallberger (388) en hy was ook as die beste beginner aangewys.