Community galleriesGalleries

Die verskil lê in een swartsak op ’n slag

KWC het ook op die dag in maar net 67 minute ’n totaal van 15 sakke vol rommel langs OR Tambostraat verwyder

Besighede sien die werk wat Lia de la Hunt vir eMalahleni doen met haar klein, maar groeiende projek, ‘Keep Witbank Clean’ (KWC).

Haar voorneme vir hierdie jaar was om ’n projek te stig vir ’n skoner Steenkoolstad, dié stad wat sy as haar ‘viraltyd’ huis beskou, maar die coronovirus het haar droom so bietjie kom “inperk”.

Sy stap egter steeds twee keer ’n week en tel rommel op.

WITBANK NUUS het in Februarie berig oor dié inwoner wat bietjie vir bietjie besig is om ’n verskil te maak net deur al die rommel in haar buurt op te tel.

“Ek wil net ’n vriendelike versoek aan elke inwoner rig om net klein te begin. Begin by jou eie area, buite jou eie erf al is dit die kleinste stukkie rommel, tel dit op want deur so klein bydrae kan ons eMalahleni weer ’n beter en skoner plek maak,” het sy die inwoners uitgedaag in die vorige berig.

Op Mandeladag, 18 Julie het talle plaaslike besighede aan haar en haar klein spannetjie dank gegee asook hul eie t-hemde geskenk om gesien te word vir wat hulle doen.

KWC het ook op die dag in maar net 67 minute ’n totaal van 15 sakke vol rommel langs OR Tambostraat verwyder.

“Ek wil net persoonlik dankie sê aan die volgende vir die bydraes en skenkings: Wigital, Origin of Moringa, i2iAfrica en The Team Building Guru. Ek waardeer dit uit die diepte van my hart. Ook vir al die vrywilligers wat ’n handjie bygesit het. Julle is die verskil in hierdie stad en wys ander inwoners dat almal wel ’n verskil kan maak,” het sy dankbaar gesê.

Die stigter van KWC versoek dat enige besigheidseienaars wat deel wil wees van die verskil en wil bydrae vir vullisdromme, in kontak kan kom met Lia by delahuntlia@gmail.com.

Check Also
Close
Back to top button