Kaalbasman het motoriste warm onder die kraag
’n Kaalbasman het gesorg vir groot konsternasie toe hy langs OR Tambostraat afgeloop het.
’n Man wat poedelnakend langs OR Tambo-straat afgeloop het, het menige motoris en verbyganger twee keer laat kyk.
’n Noodboodskap is op die Zello-kanaal uitgestuur om die man se ligging te bepaal.
“Die man is glo gevaarlik en ons sal dit waardeer as enigiemand ons kan laat weet waar hy hom bevind, sodat hy gestop en na veiligheid bring kan word,” het Annemarie Bouwer, koördineerder van die kanaal, gesê.
Enigeen wat die man gewaar, word versoek om dit dadelik op die Zello-kanaal aan te meld.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za