InternationalSport

Kerk hou hengelkompetisie

Die vis was skaars by Thabo’s Dam in Bronkhorstspruit en ’n skaarse ses babers het hul verskyning gemaak

Die Evangelies Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika het die afgelope naweek heerlik langs die dam uitgespan.

Op Saterdag 6 April het lede van die kerk hul hengelvernuf uitgetoets en hoewel die vis nie vreeslik baie gebyt het nie, het almal ’n gesellige dag geniet.

Melanie Rossouw, Japie van Wyk en Cristo Ayers.

Die vis was skaars by Thabo’s Dam in Bronkhorstspruit en ’n skaarse ses babers het hul verskyning gemaak.

Die enigste drie hengelaars wat aksie op hul lyne gehad het was Melanie Rossouw, Japie van Wyk en Cristo Ayers.

Die gemeente wil graag hul borge bedank en ook die Here vir die geleentheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button